News
Viewing posts from June, 2015
Ekotoer in lemur-paradys - deur Hanlie Retief
Hou stil! skree Dave Pepler, en die deure van die 4x4 is skaars oop, toe trek hy al doer om ’n verkleurmannetjie uit ’n hond se bek te red. Jou miserabele dier! jaag hy die brak terug en met dié sien ons ons heel eerste verkleurmannetjie op Madagaskar. ’n Bielie. Skelgroen. ’n Panter-trapsuutjie (Furcifer pardalis). Hy lyk nes dié in ons eie voorstedelike tuine, maar dié is die Virgin Active-variëteit.